Wat is Good Soil?

Good Soil Evangelism & Discipleship rus Christus-volgelinge toe om God se verhaal van hoop in ‘n wêreld van mededingende gelowe en kulture te deel. Ons ontwikkel en deel bedieningshulpbronne wat gegrond is in ‘n Bybelse teologie van evangelisasie en dissipelskap. Good Soil E&D ontleen sy naam aan die gelykenis van die saad en die gronde. Die saad is die boodskap van die evangelie. Maar hoe het Jesus “goeie grond” omskryf? Matteus, Markus en Lukas het drie verskillende woorde geteken wat Jesus by hierdie geleenthede gebruik het om “goeie grond” te beskryf.

TSOH Afrikaans Cover with spiral

Hoe kan ek ‘n ongelowige help om die evangelie duidelik te verstaan?

Wanneer die evangelie oorgedra word aan ‘n ongelowige wat min of niks van die Bybel en die Christelike geloof weet nie, is dit waarskynlik dat die manier waarop hy of sy tans die wêreld beskou tot ’n wanbegrip van die terme of konsepte wat gebruik word, kan lei. Om deur te dring tot daardie “geraas van wêreldbeskouings” terwyl die evangelie gekommunikeer word, is dit belangrik om die Bybelse feite te verduidelik wat noodsaaklik is om die evangelie te verstaan. Ten ended daardie feite duidelik te laat sin maak, moet ons dit ook in die historiese konteks plaas van die volle verhaal van verlossing wat in die Bybel ontvou.


Die Verhaal van Hoop is 'n tyd-buigsame (saamtrekbare en verlengbare) hulpbron om die Bybel se groot verlossingsverhaal in so kort as vyftien minute of so lank as twintig of meer ure oor te dra. Dit is ontwerp vir evangelistiese Bybelstudies, een-tot-een of in klein groepies, maar is ook nuttig om God se verlossingsplan vir gelowiges te leer. Dit sluit’n studie van 40 Bybel-gebeure (20 Ou Testament en 20 Nuwe Testament) en Bybel-kaarte in.

Hoe kan ek ’n nuwe gelowige help om stewig aan die evangelie vas te hou?

TWTJ Afrikaans Cover with spiral

Join Our Mailing List

Get notices for new products, resources, and training events.

Set your country and language

We will add support for new countries and languages in the future.